DEUTERONOMIUM 32:8
DEUTERONOMIUM 32:8 Bybel vir almal (ABA)
Toe die Hoogste God vir die volke hulle lande gegee het, toe Hy gesê het dat die mense aan verskillende volke moet behoort, toe het Hy gesê waar die grense van die lande moet wees. Hy het gekyk hoeveel Israeliete daar is, en Hy het besluit hoeveel volke daar moet wees.
DEUTERONOMIUM 32:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.
DEUTERONOMIUM 32:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die Allerhoogste vir die nasies hulle besittings gegee het, toe Hy die mense in volke opgedeel het, het Hy vir hulle hulle grense bepaal, soveel as wat daar Israeliete is.
DEUTERONOMIUM 32:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die Allerhoogste vir die nasies hulle erfenis gegee het, toe Hy mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van volke vasgelê volgens die getal van die kinders van Israel
DEUTERONOMIUM 32:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe die Allerhoogste hulle erfdeel aan die nasies verdeel het, toe hy die seuns van Adam van mekaar geskei het, het hy die grense van die volk vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.