DANIËL 7:13
DANIËL 7:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
DANIËL 7:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek het in die nagtelike visioene gesien: “Kyk, met die wolke van die hemel was iemand aan die kom wat soos 'n mensekind was; tot by die Oue van Dae het hy gekom, voor Hom is hy gebring.
DANIËL 7:13 Die Boodskap (DB)
“My visioen het voortgegaan. Daar in die wolke het ek iemand sien aankom. Hy het soos ’n mens gelyk. Hy het na die Een toe gegaan wat vir altyd lewe. Hierdie mens is geroep om by sy troon te gaan staan.
DANIËL 7:13 Bybel vir almal (ABA)
“Ek het in die nag gedroom en gesien daar kom iemand. Hy was soos 'n mens, en hy het op die wolke gekom. Hy het gekom tot by die God wat altyd lewe. Die engele het hom na God gebring.
DANIËL 7:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos 'n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring.