DANIËL 6:3
DANIËL 6:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en oor hulle drie ministers, van wie Daniël een was, aan wie dié landvoogde rekenskap moes gee, sodat die koning nie sou skade ly nie.
DANIËL 6:3 Die Boodskap (DB)
Verder het hy ook drie ministers aangestel, van wie Daniël een was. Hulle moes kyk dat die goewerneurs hulle werk reg doen en ook dat die koning se belange beskerm word.
DANIËL 6:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Oor hulle het hy drie hoofde aangestel as toesighouers wat na die koning se belange moes omsien. Daniël was een van die drie.
DANIËL 6:3 Bybel vir almal (ABA)
Koning Darius het ook drie hoof-amptenare gekies. Hulle moes kyk dat die goewerneurs hulle werk goed doen soos die koning wil hê. Een van die hoof-amptenare was Daniël.
DANIËL 6:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Oor hulle was daar drie ministers, van wie Daniël een was en aan wie die goewerneurs-generaal verantwoordelik was sodat die koning se belange behoorlik behartig kon word.