AMOS 5:8
AMOS 5:8 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die Here wat die sterre gemaak het, Orion en die Sewe-ster. Hy laat dit lig word ná die nag, Hy laat dit donker word ná die dag. Dit is Hy wat die wolke uit die see bring en wat dit laat reën op die land. Sy Naam is die Here.
AMOS 5:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat die Sewe-ster en die Oríon gemaak het en die duisternis in môrelig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde — HERE is sy Naam!
AMOS 5:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy deur wie die Sewester en Orion gemaak is, Hy wat die donker in oggendlig verander en die dag donker nag laat word, Hy wat die water van die see roep en dit oor die aarde uitstort, sy Naam is die Here.
AMOS 5:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy wat die Sewester en Orion maak, wat stikdonker verander in môre en dag in nag laat verdonker; wat die water van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde – HERE is sy Naam.
AMOS 5:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soek Hom wat die sewe sterre en Orion maak en die doodskaduwee in die môre verander en die dag donker maak met nag, wat die waters van die see roep en dit op die aarde uitgiet: Die HERE is sy naam
AMOS 5:8 Die Boodskap (DB)
“Hy wat tussen die sterre in die lug die Sewester en die Orion gemaak het, wat donker nag weer lig kan laat word in die oggend, die dag kan omdraai dat dit donker nag kan word, wat die waters van die see in ’n bondel bymekaarmaak in wolke wat reën uitgooi oor die aarde, sy Naam is ‘Die Here’.