AMOS 1:1
AMOS 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Die woorde van Amos. Amos was 'n skaapboer. Hy het in die stad Tekoa gewoon. Die Here het vir hom gewys wat met die Israeliete sal gebeur. Dit was twee jaar voor die aardbewing. In daardie tyd was Ussia die koning van die land Juda, en Jerobeam was die koning van die land Israel. Jerobeam was die seun van Joas.
AMOS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE woorde van Amos, een van die skaapboere uit Tekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae van Ussía, koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.
AMOS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woorde van Amos, 'n skaapboer uit Tekoa. Hy het oor Israel 'n gesig gesien tydens die regering van koning Ussia van Juda en koning Jerobeam van Israel, seun van Joas. Dit het twee jaar voor die aardbewing gebeur.
AMOS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woorde van Amos, een van die herders uit Tekoa – woorde wat aan hom geopenbaar is oor Israel. Dit was twee jaar voor die aardbewing, in die tyd van Ussia, die koning van Juda, en Jerobeam, seun van Joas, die koning van Israel.
AMOS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woorde van Amos, wat onder die veewagters van Tekoa was, wat hy aangaande Israel gesien het in die dae van Ussia, die koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, die koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.
AMOS 1:1 Die Boodskap (DB)
Amos het die Here se boodskap gebring toe Ussia die koning van Juda in die suide was. Joas se seun Jerobeam was toe koning van Israel in die noorde. Amos het by Tekoa met skape geboer. Twee jaar voor die groot aardbewing het die Here hom ’n gesig oor die Noordryk van Israel laat sien. Hy het so daaroor gepraat