HANDELINGE 6:7
HANDELINGE 6:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die woord van God het verder versprei, en die aantal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs ’n groot klomp priesters het gelowig geword.
HANDELINGE 6:7 Bybel vir almal (ABA)
Meer en meer mense het die boodskap van God gehoor, en die gelowiges in Jerusalem het baie meer geword. Baie priesters het ook gehoorsaam geword, hulle het gelowiges geword.
HANDELINGE 6:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.
HANDELINGE 6:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs 'n groot aantal priesters het gelowig geword.
HANDELINGE 6:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die woord van God het versprei en die aantal dissipels in Jerusalem het aansienlik vermeerder, en 'n groot menigte priesters het aan die geloof gehoorsaam geword.