HANDELINGE 28:3
HANDELINGE 28:3 Bybel vir almal (ABA)
Paulus het 'n klomp droë hout opgetel en hy het dit op die vuur gegooi. Maar daar was 'n slang in die hout. Omdat die vuur warm was, het die slang uitgekom. Die slang het vir Paulus aan sy hand gebyt.
HANDELINGE 28:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Paulus het 'n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en 'n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.
HANDELINGE 28:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Paulus het 'n klomp hout bymekaargemaak en op die vuur gegooi. Van die hitte het daar 'n slang uitgekom, en dit het aan sy hand vasgebyt.
HANDELINGE 28:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus het 'n hoop droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit. Van die hitte het 'n slang uitgekom en aan sy hand vasgebyt.
HANDELINGE 28:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Paulus 'n bondel stokke bymekaargemaak en op die vuur gelê het, het daar 'n adder uit die hitte gekom en dit aan sy hand vasgemaak.