HANDELINGE 2:42
HANDELINGE 2:42 Bybel vir almal (ABA)
Die gelowiges het aangehou om die dinge te doen wat die apostels vir hulle geleer het en hulle was altyd saam. Hulle het ook altyd saam geëet en gebid.
HANDELINGE 2:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.
HANDELINGE 2:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.