HANDELINGE 16:40
HANDELINGE 16:40 Bybel vir almal (ABA)
Nadat Paulus en Silas uit die tronk gegaan het, het hulle na Lidia se huis gegaan. Daar het hulle die gelowiges gesien en hulle het die gelowiges bemoedig. Toe het Paulus en Silas weggegaan van Filippi.
HANDELINGE 16:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat hulle die gevangenis verlaat het, het hulle na die huis van Lídia gegaan; en hulle het die broeders gesien, hulle bemoedig en weggegaan.
HANDELINGE 16:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat hulle uit die tronk gekom het, is hulle na Lidia se huis toe, waar hulle die gelowiges gesien en bemoedig het. Daarna het Paulus-hulle vertrek.
HANDELINGE 16:40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle uit die tronk kom, het hulle na Lidia se huis gegaan. Daar het hulle die broers gesien, hulle moed ingepraat en vertrek.
HANDELINGE 16:40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het uit die gevangenis uitgegaan en in die huis van Lídia ingegaan; en toe hulle die broers sien, het hulle hulle getroos en weggegaan.