HANDELINGE 1:8
HANDELINGE 1:8 Bybel vir almal (ABA)
Maar julle sal krag kry wanneer die Heilige Gees in julle kom. Dan sal julle my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot by die einde van die wêreld.”
HANDELINGE 1:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
HANDELINGE 1:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
HANDELINGE 1:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”
HANDELINGE 1:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar julle sal krag ontvang nadat die Heilige Gees oor julle gekom het; en julle sal getuies van My wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en in Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.
HANDELINGE 1:8 Die Boodskap (DB)
Dan gaan julle oral oor My praat: hier in Jerusalem, maar ook in die hele Judea en Samaria. Ja, selfs tot aan die verste uithoeke van die wêreld.”