2 SAMUEL 16:11-12
2 SAMUEL 16:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het vir Abisai en al die amptenare gesê: “Onthou, my eie seun wil hê ek moet sterf, daarom moet julle nou hierdie man van die Benjamin-stam los. Hy vervloek my omdat die Here gesê het hy moet dit doen. Die Here sien hoe swaar ek kry, miskien sal Hy dit weer goed laat gaan met my nadat die man my vandag vervloek het.”
2 SAMUEL 16:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het Dawid aan Abísai en al sy dienaars gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my lewe: hoeveel te meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want die HERE het hom dit beveel. Miskien sal die HERE my ellende aansien en sal die HERE my goed vergelde vir die vloek wat my vandag tref.
2 SAMUEL 16:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder het die koning vir al sy amptenare en vir Abisai gesê: “My eie bloedkind soek my lewe. Daarom moet julle hierdie Benjaminiet met rus laat dat hy maar vloek, want die Here het hom die opdrag gegee. Miskien let die Here op my ellende en beloon Hy my met iets goeds vir vandag se vervloeking.”
2 SAMUEL 16:11-12 Die Boodskap (DB)
Dawid sê toe verder vir Abisai en al sy amptenare: “My bloedeie kind wil my doodmaak. Wat moet ’n mens dan van hierdie Benjaminiet verwag? Los hom uit. Laat hy maar vloek. Dalk het die Here vir hom gesê hy moet dit doen. Wie weet, dalk sien die Here my moeilikheid raak en gee Hy my later iets goeds vir die gevloek wat ek vandag moet verduur.”
2 SAMUEL 16:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dawid sê verder vir Abisai en die amptenare: “My eie seun probeer my doodmaak. Hoeveel te meer hierdie Benjaminiet? Los hom uit en laat hom vloek, want die HERE het vir hom gesê om dit te doen. Dalk sal die HERE my swaarkry raaksien en my seën as gevolg van hierdie vervloekings.”