2 PETRUS 1:1
2 PETRUS 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Simeon Petrus, is 'n dienaar en apostel van Jesus Christus. Ek skryf hierdie brief vir julle wat ook soos ons glo in Jesus Christus. Dit is Christus wat vir ons almal in Hom laat glo en daardie geloof in Hom is kosbaar. Hy is ons God en ons Redder en Hy laat julle almal ook so glo in Hom.
2 PETRUS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SÍMEON Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so 'n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus
2 PETRUS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Simon Petrus, 'n dienaar en apostel van Jesus Christus. Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons ontvang het.
2 PETRUS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Simeon •Petrus, 'n dienskneg en •apostel van Jesus •Christus, aan dié wat dieselfde kosbare geloof as ons verkry het, deur die •geregtigheid van ons God en Verlosser, Jesus Christus
2 PETRUS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Simon Petrus, 'n dienskneg en 'n apostel van Jesus Christus, aan hulle wat soos ons die kosbare geloof verkry het deur die geregtigheid van God en ons Verlosser, Jesus Christus
2 PETRUS 1:1 Die Boodskap (DB)
Van Simon Petrus. Ek is ’n dienskneg van Jesus Christus. Hy het my as een van sy apostels aangestel. God is baie goed. Daarom het Hy en ons Verlosser, Jesus Christus, dit so beskik dat julle glo. Omdat God vir julle baie goed is, glo julle nou, net soos ek.
2 PETRUS 1:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Simon Petrus, ’n dienskneg en apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan julle almal wat dieselfde kosbare geloof as ons het. Julle het hierdie geloof ontvang van Jesus Christus, ons God en Verlosser. Hý het julle regverdig verklaar.