2 KONINGS 9:26
2 KONINGS 9:26 Die Boodskap (DB)
‘Ek sweer dat Ek die moord op Nabot en sy seuns gesien het. Ek sal jou en jou familie op hierdie selfde stuk grond laat boet!’ Dus, gooi hom hier op Nabot se grond af, soos die Here gesê het.”
2 KONINGS 9:26 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê: ‘Ek het gisteraand die bloed van Nabot en sy seuns gesien, en Ek belowe Ek sal jou op hierdie selfde grond daaroor straf.’ ” Jehu sê toe: “Vat hom en gooi hom op die grond, soos die Here gesê het.”
2 KONINGS 9:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die HERE, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die HERE. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die HERE.
2 KONINGS 9:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het toe gesê: ‘So seker as Ek die vergieting van die bloed van Nabot en van sy seuns gister gesien het, sal Ek jou daarvoor vergelding laat doen op hierdie selfde stuk grond.’ Vat hom nou en gooi hom op dié stuk grond, net soos die Here gesê het.”