2 KORINTIËRS 5:4
2 KORINTIËRS 5:4 Bybel vir almal (ABA)
Ja, ons wat nog in die aardse tent woon, sug. Ons kry swaar, want ons is bang om weg te gaan uit die aardse tent. Ons wil die hemelse gebou bo-oor die tent sit sodat ons hemelse lewe dadelik sal kom in die plek van ons aardse lewe.
2 KORINTIËRS 5:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.
2 KORINTIËRS 5:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons wat nog in die tentwoning is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die aardse liggaam afstand wil doen nie; ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe.
2 KORINTIËRS 5:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ons wat nog in die tentwoning is, sug as mense wat swaarkry, omdat ons nie ontklee nie, maar geklee wil word, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe.
2 KORINTIËRS 5:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons wat in hierdie tabernakel is, sug, terwyl ons beswaard is
2 KORINTIËRS 5:4 Die Boodskap (DB)
Intussen gaan dit maar bitter moeilik met ons hier in ons aardse liggaam. Ons sug en kla. Ons sien regtig uit na die dag dat hierdie sterflike liggaam van ons vervang word met ’n nuwe liggaam. Dan sal hierdie sterflike liggaam van ons plek maak vir ’n hemelse liggaam wat vir altyd sal bestaan.