2 KORINTIËRS 5:11
2 KORINTIËRS 5:11 Die Boodskap (DB)
Ek het groot eerbied vir die Here. Daarom probeer ek ander mense oortuig om ook in Hom te glo. God weet dat ek opreg is wanneer ek vir Hom werk. Ek hoop julle weet dit ook.
2 KORINTIËRS 5:11 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet wat dit is om die Here te dien en om te doen wat Hy sê. Daarom probeer ons om mense te bemoedig sodat hulle ook sal verander en die Here sal dien. God weet alles van my en van die ander persone wat saam met my werk. Hy weet dat ons Hom eerlik dien. Maar ek hoop dat julle ook so dink oor ons.
2 KORINTIËRS 5:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
OMDAT ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.
2 KORINTIËRS 5:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons weet wat dit beteken om die Here te dien. Daarom probeer ons die mense oortuig. God ken ons bedoelings, en ek vertrou dat julle ook van ons bedoelings oortuig is.
2 KORINTIËRS 5:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aangesien ons weet wat ontsag vir die Here is, probeer ons mense oortuig. Maar by God is ons deeglik bekend, en ek hoop om ook in julle gewete so bekend te wees.