2 KORINTIËRS 3:7
2 KORINTIËRS 3:7 Bybel vir almal (ABA)
Die werk wat Moses moes doen, het mense laat sterf. God het die letters van daardie werk op plat klippe geskryf. Moses se werk was om die wette van God die Koning na die volk toe te neem. Daarom kon die Israeliete nie na Moses se gesig kyk nie, sy gesig het te veel geblink. Moses se werk het 'n wonderlike ding laat gebeur, maar dit gebeur nou nie meer nie.
2 KORINTIËRS 3:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan
2 KORINTIËRS 3:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die wet wat in letters op klip gegraveer is, het in heerlikheid gekom. Hierdie heerlikheid, wat tog gou sou verdwyn, het op die gesig van Moses so geskitter dat die Israeliete nie na hom kon bly kyk nie. As die bediening wat tot die dood lei, met soveel heerlikheid gekom het
2 KORINTIËRS 3:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As die bediening van die dood, wat met letters op klippe gegraveer is, met soveel heerlikheid tot stand gekom het dat die kinders van Israel nie stip na die aangesig van Moses kon kyk nie, weens die glans op sy gesig, wat tog aan die verbygaan was
2 KORINTIËRS 3:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as die bediening van die dood, geskrywe en in klippe gegraveer, heerlik was, sodat die kinders van Israel die aangesig van Moses nie vas kon aanskou ter wille van die heerlikheid van sy aangesig nie; watter heerlikheid tot niet gemaak moes word
2 KORINTIËRS 3:7 Die Boodskap (DB)
Julle weet mos dat al Moses se wette op klip uitgekap is. Toe hy dit daar op die berg ontvang het, het sy gesig so helder geblink dat die Israeliete hom nie in die oë kon kyk nie. Na ’n rukkie het die glans egter van sy gesig verdwyn. Hierdie wonderlike tydperk van die wet het nie daarin geslaag om mense by die ware lewe uit te bring nie. Maar dit was nogtans ’n ongelooflike tyd.