2 KORINTIËRS 3:18
2 KORINTIËRS 3:18 Bybel vir almal (ABA)
Daar is nie meer 'n sluier oor ons gesig nie, ons kan sien dat die Here Jesus die Koning is, en dit is wonderlik. Die Here, die Gees, laat wonderlike dinge ook met ons gebeur, sodat ons meer en meer soos konings word, en soos die Here Jesus kan wees.
2 KORINTIËRS 3:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
2 KORINTIËRS 3:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.