2 KORINTIËRS 3:14
2 KORINTIËRS 3:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle denke het verhard geraak. Tot vandag toe is hulle gedagtes versluier as hulle die Ou Testament lees. Daardie sluier word net eenvoudig nie verwyder nie omdat dit net Christus is wat dit geheel en al vernietig.
2 KORINTIËRS 3:14 Bybel vir almal (ABA)
God het die Israeliete hardkoppig gemaak. Wanneer hulle vandag die woorde van die ou verbond lees, dan kan hulle nie die waarheid sien nie, dieselfde sluier is nog daar. Die sluier bly daar omdat God dit net wegneem wanneer iemand in Christus glo.
2 KORINTIËRS 3:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
2 KORINTIËRS 3:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo.
2 KORINTIËRS 3:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hulle denke was verhard. Want tot vandag toe lê dieselfde sluier oor die Ou Testament wanneer dit gelees word; en dit word nie weggeneem nie, want dit word slegs in Christus verwyder.
2 KORINTIËRS 3:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hulle verstand was verblind, want tot vandag toe bly dieselfde sluier by die voorlesing van die ou testament nie weggeneem nie; watter sluier in Christus weggeneem is.
2 KORINTIËRS 3:14 Die Boodskap (DB)
Maar hulle was blind vir dit wat God doen. Tot vandag toe gaan dit so met hulle. Wanneer die Israeliete na die wet van Moses luister daar waar hulle bymekaarkom om God te dien, begryp hulle steeds nie waaroor dit gaan nie. Daar hang nou nog ’n sluier oor hulle gesig. Net Christus kan dit wegvat.