2 KORINTIËRS 3:13
2 KORINTIËRS 3:13 Bybel vir almal (ABA)
Moses het 'n sluier oor sy gesig gesit, maar ons doen nie dieselfde nie. Moses het dit gedoen sodat die Israeliete nie kon sien dat die tyd van die verbond amper verby is nie.
2 KORINTIËRS 3:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
nie soos Moses nie, wat 'n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie.
2 KORINTIËRS 3:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons is nie soos Moses wat sy gesig met 'n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was.
2 KORINTIËRS 3:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
nie soos Moses, wat 'n sluier oor sy gesig getrek het, sodat die kinders van Israel nie die einde van dit wat aan die vergaan was, kon aanskou nie.
2 KORINTIËRS 3:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nie soos Moses wat 'n sluier oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie vas kon kyk na die einde van wat afgeskaf is nie.