2 KORINTIËRS 2:5
2 KORINTIËRS 2:5 Bybel vir almal (ABA)
Die persoon in julle gemeente wat probleme gemaak het, het nie regtig vir my hartseer gemaak nie. Daardie persoon het vir júlle almal hartseer gemaak. Nee, ek praat verkeerd, hy het amper vir almal hartseer gemaak.
2 KORINTIËRS 2:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar — ek wil nie oordryf nie — min of meer julle almal.
2 KORINTIËRS 2:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy hartseer maak nie, maar vir julle almal, of, om nie te oordryf nie, ten minste 'n deel van julle.
2 KORINTIËRS 2:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar as iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy bedroef het nie, maar, sonder om te oordryf, in 'n mate julle almal.
2 KORINTIËRS 2:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as iemand droefheid veroorsaak het, het hy my nie bedroef nie, maar ten dele, sodat ek julle nie almal kan aankla nie.
2 KORINTIËRS 2:5 Die Boodskap (DB)
Ek moet ook met julle praat oor daardie man wat al die ongelukkigheid in julle kerk veroorsaak het. Hy het my voor almal beledig toe ek laas by julle was. Gelukkig het dit my nie omgekrap nie. Ek weet egter dat dit julle almal ontstel het - wel, ten minste die meeste van julle. Maar moenie julle verder bekommer nie.