2 KORINTIËRS 10:8
2 KORINTIËRS 10:8 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê ons moet julle geloof sterk maak, Hy het nie gesê ons moet julle laat ophou glo nie. Julle dink miskien dat ek te veel spog oor wat die Here gesê het ons mag doen. Maar dit is regtig so, die Here hét vir ons gesê ons moet julle geloof sterk maak. En ek is nie skaam daaroor nie.
2 KORINTIËRS 10:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie
2 KORINTIËRS 10:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al het ek my miskien 'n bietjie te veel beroem op daardie bevoegdhede wat die Here my gegee het, sal ek nie beskaamd daarvan afkom nie. Die Here het aan ons die bevoegdheid gegee om julle op te bou, nie om julle af te breek nie.
2 KORINTIËRS 10:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want selfs al sou ek my 'n bietjie buitensporig beroem op die gesag wat die Here aan ons gegee het om julle op te bou, en nie om af te breek nie, sal ek nie daaroor skaam wees nie.
2 KORINTIËRS 10:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want al sou ek meer roem op ons gesag wat die Here ons gegee het tot opbou en nie tot vernietiging van julle nie, sou ek my nie beskaam nie.
2 KORINTIËRS 10:8 Die Boodskap (DB)
Miskien het ek vroeër ’n bietjie te veel gespog oor die gesag wat die Here aan my gegee het. Maar ek hoef regtig nie daaroor verleë voor julle te staan nie. Die Here het my immers aangestel om julle geloof op te bou. En dit doen ek ook. Ek is nie soos daardie spul vals leraars wat net daarop uit is om julle geloof af te breek nie. Daarom is ek regtig nie skaam oor my optrede nie.