2 KORINTIËRS 10:16
2 KORINTIËRS 10:16 Bybel vir almal (ABA)
Ons wil die goeie boodskap graag ook op ander plekke bring, plekke verder as Korinte. Maar ons wil nie spog oor die goeie werk wat ander mense al klaar daar gedoen het nie.
2 KORINTIËRS 10:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van 'n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.
2 KORINTIËRS 10:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal ons die evangelie ook in streke anderkant julle kan verkondig sonder om te roem op werk wat tot stand gebring is in die werkkring van iemand anders.
2 KORINTIËRS 10:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat ons die evangelie ook in die landstreke anderkant julle kan verkondig, sonder om ons te beroem op die resultate wat in iemand anders se werksgebied bereik is.
2 KORINTIËRS 10:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Om die evangelie te verkondig in die streke anderkant jou, en nie te roem in 'n ander man se reeks dinge wat aan ons gereed gemaak is nie.