2 KORINTIËRS 10:13
2 KORINTIËRS 10:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat ons betref, ons sal nie buite perke trots wees nie. Ons bly binne die perk van die grense wat God vir ons uitgemeet het. Dié begrensing sluit julle óók in.
2 KORINTIËRS 10:13 Bybel vir almal (ABA)
Maar ons sal nie spog oor iets waaroor ons nie mag spog nie. Ons sal net spog oor wat God vir ons gesê het om te doen, en dit is om ook by julle te werk in Korinte.
2 KORINTIËRS 10:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as 'n maat toebedeel het om ook julle te bereik.
2 KORINTIËRS 10:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wat ons betref, ons sal met ons roem nie buite die perke gaan nie. Ons bly binne die perke van die werkkring wat God aan ons toegemeet het. Julle val ook binne daardie perke.
2 KORINTIËRS 10:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wat ons betref, ons sal nie buite ons perke gaan wanneer ons ons op iets beroem nie, maar binne die perke van die werksgebied wat God vir ons as perk gestel het, om julle ook te bereik.