2 KORINTIËRS 1:9
2 KORINTIËRS 1:9 Bybel vir almal (ABA)
Ons het gevoel soos mense wanneer die regter besluit het dat hulle moet sterf. Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God omdat Hý die Een is wat mense weer laat lewe nadat hulle gesterf het.
2 KORINTIËRS 1:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek
2 KORINTIËRS 1:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is. Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe.
2 KORINTIËRS 1:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Trouens, wat onsself betref, het ons al as't ware die doodsvonnis oor ons ontvang; maar dit was sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God, wat die dooies opwek.
2 KORINTIËRS 1:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ons het die doodsvonnis in onsself gehad, dat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek.