2 KORINTIËRS 1:24
2 KORINTIËRS 1:24 Die Boodskap (DB)
Dit is regtig nie my werk om oor julle baas te speel deur vir julle voor te skryf presies hoe julle moet glo nie. Al wat ek wil doen, is om te help dat julle geloof ’n nog groter vreugde word.
2 KORINTIËRS 1:24 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie dink dat ek vir julle wil sê hoe julle moet glo nie. Nee, ons wil graag saam met julle werk sodat julle bly kan wees, want julle hou nog altyd aan om te glo.
2 KORINTIËRS 1:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.
2 KORINTIËRS 1:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons wil nie as heersers voorskryf wat julle moet glo nie. Julle staan immers vas in die geloof. Maar ons wil medewerkers wees om julle geluk te bevorder.
2 KORINTIËRS 1:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nie dat ons oor julle geloof wil baasspeel nie – inteendeel, ons is medewerkers aan julle vreugde. Julle staan immers vas in die geloof.