2 KRONIEKE 16:12
2 KRONIEKE 16:12 Bybel vir almal (ABA)
In die nege-en-dertigste jaar nadat hy koning geword het, het Asa baie siek geword, sy voete was baie seer. Dit het baie sleg gegaan met hom, maar hy het nie vir die Here gevra om hom te help nie, hy het vir dokters gevra om hom gesond te maak.
2 KRONIEKE 16:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in die negen-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die HERE nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.
2 KRONIEKE 16:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
In sy nege en dertigste regeringsjaar het Asa 'n uiters ernstige siekte aan sy voete opgedoen, maar selfs in dié siekte het hy nie die Here geraadpleeg nie, wel die dokters.
2 KRONIEKE 16:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die nege-en-dertigste jaar van sy regering het Asa 'n voetkwaal ontwikkel. Sy siekte het later ernstig geword. Selfs in sy siekte het hy nie die HERE geraadpleeg nie, maar by genesers raad gesoek.
2 KRONIEKE 16:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Asa was in die nege-en-dertigste jaar van sy regering siek aan sy voete, totdat sy siekte uitermate groot was; maar in sy siekte het hy nie die HERE gesoek nie, maar die geneesHERE.