2 KRONIEKE 1:14
2 KRONIEKE 1:14 Bybel vir almal (ABA)
Salomo het oorlogkarre en oorlogperde bymekaargemaak. Hy het 1 400 oorlogkarre en 12 000 oorlogperde gehad. Hy het party van hulle laat bly in die stede waar hulle die oorlogkarre gehou het, en party het hy by hom in Jerusalem laat bly.
2 KRONIEKE 1:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Salomo het strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertienhonderd waens en twaalfduisend perderuiters gehad het; en hy het hulle in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.
2 KRONIEKE 1:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Koning Salomo het 'n mag van strydwaens en perde opgebou. Hy het veertien honderd strydwaens en twaalf duisend perde besit, waarvan hy party in strydwaposte en ander by die paleis in Jerusalem gestasioneer het.
2 KRONIEKE 1:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Salomo het strydwaens en spanne perde bymekaargemaak. Hy het eenduisend vierhonderd strydwaens en twaalfduisend perde gehad. Hy het hulle in die strydwastede en by hom, die koning, in Jerusalem gehou.
2 KRONIEKE 1:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Salomo het strydwaens en ruiters bymekaargemaak, en hy het duisend-vierhonderd strydwaens en twaalfduisend ruiters gehad wat hy in die strydwastede en by die koning in Jerusalem geplaas het.