1 TIMOTEUS 6:5
1 TIMOTEUS 6:5 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie vals profete hou aan om te stry. Hulle kan nie meer reg dink nie, hulle weet nie meer wat die waarheid is nie. Hulle dink dat hulle ryk sal word as hulle vir God dien.
1 TIMOTEUS 6:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.
1 TIMOTEUS 6:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.
1 TIMOTEUS 6:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
aanhoudende geredekawel onder mense wie se denke ontaard het, en wat van die waarheid beroof is, en dink dat godvresendheid winsgewend is.
1 TIMOTEUS 6:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verdraaide twis van mense met verdorwe verstand en gebrek aan die waarheid, met die veronderstelling dat wins godsvrug is; onttrek jou van sulkes.