1 TIMOTEUS 6:20-21
1 TIMOTEUS 6:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Timoteus, God het baie dinge vir jou gegee, jy moet dit goed oppas, en jy moenie luister na die stories van mense wat niks weet van God nie. Hulle praat baie, maar die dinge wat hulle sê, beteken niks. Hulle stry altyd met mekaar en hulle sê hulle weet die regte dinge, maar dit is nie waar nie. Die mense wat hierdie dinge sê, het opgehou om te glo. Ek bid dat God genadig sal wees vir julle.
1 TIMOTEUS 6:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis, waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op 'n dwaalweg geraak het. Mag die genade met jou wees! Amen.
1 TIMOTEUS 6:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos dit verkeerdelik genoem word. Daar is mense wat daardie “kennis” aanhang en so van die geloof afgedwaal het. Die genade sal by julle wees!
1 TIMOTEUS 6:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
O Timoteus, bewaar jou pand! Vermy goddelose en leë praatjies, en die teenstrydighede van wat valslik as kennis bestempel word. Omdat sommige mense dit bely het, het hulle van die geloof afgedwaal. Die genade bly met julle!
1 TIMOTEUS 6:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O Timoteus, bewaar dit wat aan u vertroue toevertrou is, en vermy goddelose en ydele gebabbel en teenstande van die wetenskap wat valslik so genoem word: wat sommige wat bely het, dwaal in die geloof. Genade sy met jou. Amen. (Die eerste aan Timoteus is geskryf uit Laodisea, wat die belangrikste stad van Phrygia Pacatiana is.)
1 TIMOTEUS 6:20-21 Die Boodskap (DB)
Liewe Timoteus, kyk mooi na alles wat jy gevra is om te doen. Moenie jou tyd mors met die gepraat wat niks met God te doen het nie. Wees versigtig vir daardie klomp wat met hulle deurmekaar redenasies wil voorgee dat hulle so wetenskaplik en slim is. Party van die gemeentelede het agter hulle aangeloop. Só het hulle eintlik weggeloop van hulle vertroue op God. Mag God baie goed wees vir julle, meer as wat julle verdien.
1 TIMOTEUS 6:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Timoteus, waak oor wat God aan jou toevertrou het. Vermy goddelose, dwase praatjies met hulle wat jou met hulle sogenaamde kennis teenstaan. Sommige mense het van die geloof afgedwaal deur sulke dwaasheid na te volg. Mag God se genade met julle almal wees.