1 TIMOTEUS 6:20
1 TIMOTEUS 6:20 Bybel vir almal (ABA)
Timoteus, God het baie dinge vir jou gegee, jy moet dit goed oppas, en jy moenie luister na die stories van mense wat niks weet van God nie. Hulle praat baie, maar die dinge wat hulle sê, beteken niks. Hulle stry altyd met mekaar en hulle sê hulle weet die regte dinge, maar dit is nie waar nie.
1 TIMOTEUS 6:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis
1 TIMOTEUS 6:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos dit verkeerdelik genoem word.
1 TIMOTEUS 6:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
O Timoteus, bewaar jou pand! Vermy goddelose en leë praatjies, en die teenstrydighede van wat valslik as kennis bestempel word.
1 TIMOTEUS 6:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O Timoteus, bewaar dit wat aan u vertroue toevertrou is, en vermy goddelose en ydele gebabbel en teenstande van die wetenskap wat valslik so genoem word