1 TIMOTEUS 6:11
1 TIMOTEUS 6:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid.
1 TIMOTEUS 6:11 Bybel vir almal (ABA)
Maar Timoteus, jy behoort aan God. Daarom moet jy wegvlug van hierdie verkeerde dinge. Jy moet aanhou probeer om dinge te doen wat reg is. Jy moet probeer om vir God te dien, om in Christus te glo, om lief te wees vir mense, om aan te hou om dit te doen en om iemand met 'n sagte hart te wees.
1 TIMOTEUS 6:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
1 TIMOTEUS 6:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar jy, o man van God, vlug weg van hierdie dinge! Streef eerder na •geregtigheid, godvresendheid, betroubaarheid, liefde, volharding, sagmoedigheid.
1 TIMOTEUS 6:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar jy, man van God, vlug hierdie dinge; en jaag na geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, geduld, sagmoedigheid.
1 TIMOTEUS 6:11 Die Boodskap (DB)
Timoteus, jy is God s’n. Bly weg van al hierdie slegte dinge af. Doen eerder jou bes om so te leef dat God met jou tevrede voel. Hou aan om op God te vertrou en om oor te loop van liefde vir ander. Moenie moed verloor nie en hanteer ander mense altyd mooi sodat hulle goed voel om by jou te wees.