1 TESSALONISENSE 2:7
1 TESSALONISENSE 2:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
al kon ons as apostels van Christus allerhande eise aan julle gestel het. Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos 'n ma wat haar kinders vertroetel.
1 TESSALONISENSE 2:7 Die Boodskap (DB)
Natuurlik kon ek my gesag daar by julle misbruik het as ek regtig wou. Ek is immers deur Christus self as sy apostel aangestel. Maar ek was glad nie kwaai met julle nie. Allesbehalwe. Ek het julle vertroetel en mooi versorg, net soos ’n liefdevolle mamma wat haar kindertjies borsvoed.
1 TESSALONISENSE 2:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al kon ons as apostels van Christus allerhande eise aan julle gestel het, was ons soos babatjies teenoor julle. Of soos ’n ma wat haar eie kinders aan haar laat drink
1 TESSALONISENSE 2:7 Bybel vir almal (ABA)
Ons is apostels van Christus en daarom mag ons gesê het dat julle vir ons moet sorg. Maar ons het dit nie gesê nie. Ons was soos kindertjies toe ons by julle was, ons het niks gevra nie. Nee, dit was óns wat vir júlle gesorg het, soos 'n vrou vir haar baba sorg.