1 PETRUS 2:10
1 PETRUS 2:10 Bybel vir almal (ABA)
Toe was julle nie 'n volk nie, maar nou is julle God se volk. Toe was God nie goed vir julle nie, maar nou is Hy goed vir julle.
1 PETRUS 2:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
1 PETRUS 2:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.
1 PETRUS 2:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
julle wat eers nie 'n volk was nie, maar nou volk van God is; wat eers nie ontferming ontvang het nie, maar nou ontferming ontvang het.
1 PETRUS 2:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; wat nie barmhartigheid verkry het nie, maar nou barmhartigheid verkry het.
1 PETRUS 2:10 Die Boodskap (DB)
Voorheen was julle soos boemelaars met wie niemand iets te doen wou hê nie, maar nou is julle God se mense. Julle het voorheen nie geweet wat liefde en goedheid regtig beteken nie, maar julle het by God daardie liefde en goedheid leer ken.