1 KONINGS 3:9
1 KONINGS 3:9 Bybel vir almal (ABA)
U moet my help om gehoorsaam te wees aan U sodat ek reg kan regeer oor u volk en sodat ek kan weet wat reg is en wat verkeerd is. Niemand kan oor hierdie belangrike volk van U regeer as U hom nie help nie.”
1 KONINGS 3:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gee dus aan u kneg 'n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?
1 KONINGS 3:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!”
1 KONINGS 3:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gee dan aan u dienskneg 'n hart wat luister om as regter op te tree vir u volk, om te kan onderskei tussen goed en kwaad; want wie kan regspreek oor hierdie veeleisende volk van U?”
1 KONINGS 3:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gee dan aan u dienaar 'n verstandige hart om u volk te oordeel, dat ek tussen goed en kwaad kan onderskei; want wie kan hierdie groot volk van u oordeel?