1 KONINGS 3:7
1 KONINGS 3:7 Bybel vir almal (ABA)
My God die Here, U het my die koning laat word in my pa se plek, maar ek is baie jonk en ek weet nie hoe om 'n leier te wees nie.
1 KONINGS 3:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is 'n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.
1 KONINGS 3:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare
1 KONINGS 3:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En nou, HERE my God, dit is U wat u dienskneg koning gemaak het in die plek van my vader Dawid. Maar ek is 'n jong seun, ek weet nie hoe om uit te gaan of in te kom nie.
1 KONINGS 3:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, HERE my God, het U u kneg koning gemaak in die plek van my vader Dawid, en ek is maar 'n klein kindjie; ek weet nie hoe om uit of in te gaan nie.