1 KONINGS 19:12-13
1 KONINGS 19:12-13 Bybel vir almal (ABA)
En ná die aardbewing was daar 'n vuur. Die Here was ook nie in die vuur nie. En ná die vuur het Elia iets gehoor soos wanneer iemand baie sag praat. Toe hy dit hoor, het hy sy gesig toegemaak met sy bo-kleed. Hy het uitgegaan en hy het voor die grot gaan staan. En daar hoor hy toe 'n stem wat vra: “Elia, wat doen jy hier?”
1 KONINGS 19:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was die HERE nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte. En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom 'n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?
1 KONINGS 19:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”
1 KONINGS 19:12-13 Die Boodskap (DB)
Net na die aardbewing was daar ’n verskriklike vuur, maar die Here was ook nie in die vuur nie. Na die vuur was daar ’n groot stilte en iets soos ’n stem wat fluister. Toe Elia dit hoor, het hy sy kleed om sy gesig gedraai en in die ingang van die spelonk gaan staan. ’n Stem het hom gevra: “Elia, wat maak jy hier?”
1 KONINGS 19:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Na die aardbewing was daar ’n vuur, maar die HERE was nie in die vuur nie. Na die vuur was daar die geluid van ’n sagte gesuis. Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak. Hy het by die ingang van die grot gaan staan. ’n Stem het gesê: “Wat maak jy hier, Elia?”