1 JOHANNES 5:18
1 JOHANNES 5:18 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet dat kinders van God nie aanhou om sonde te doen nie, want die Seun van God beskerm hulle. Daarom kan die duiwel niks aan hulle doen nie.
1 JOHANNES 5:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
1 JOHANNES 5:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie.
1 JOHANNES 5:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons weet dat niemand wat uit God gebore is, aanhou sonde doen nie; maar Hy wat uit God gebore is, beskerm hom, en die Bose kan hom niks aandoen nie.
1 JOHANNES 5:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die bose raak hom nie aan nie.