1 JOHANNES 3:23
1 JOHANNES 3:23 Bybel vir almal (ABA)
God wil hê dat ons in sy Seun Jesus Christus moet glo en dat ons lief moet wees vir mekaar. Jesus het gesê ons moet dit doen.
1 JOHANNES 3:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons 'n gebod gegee het.
1 JOHANNES 3:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig die gebod wat Hy ons gegee het.
1 JOHANNES 3:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En dit is sy gebod: Dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus •Christus, moet glo, en mekaar moet liefhê volgens die gebod wat Hy aan ons gegee het.
1 JOHANNES 3:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is Sy gebod, dat ons moet glo in die Naam van Sy Seun, Jesus Christus, en mekaar moet liefhê soos Hy ons beveel het.