1 JOHANNES 1:8-9
1 JOHANNES 1:8-9 Bybel vir almal (ABA)
As ons sê ons doen nie sonde nie, dan bedrieg ons onsself en dan aanvaar ons nie die waarheid nie. Maar as ons bely dat ons sonde gedoen het, dan kan ons seker wees dat God sal doen wat Hy belowe het en dat Hy regverdig is. Ja, Hy vergewe ons sondes en Hy reinig ons van alles wat ons verkeerd gedoen het.
1 JOHANNES 1:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 JOHANNES 1:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
1 JOHANNES 1:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ons sê dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself, en is die waarheid nie in ons nie. As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.
1 JOHANNES 1:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself, en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 JOHANNES 1:8-9 Die Boodskap (DB)
Ja-nee, moet my nie verkeerd verstaan nie: as ons wil voorgee dat ons nooit sonde doen nie, slaan ons die bal heeltemal mis. Wie dit sê, praat nie die waarheid nie. As ons egter voor God erken dat ons foute gemaak het en nooit weer dieselfde foute wil maak nie, sal God van sy kant af heeltemal van ons sondes vergeet. Hy sal ons ook geestelik skoon was van alles waarvan Hy nie hou nie. Glo dit maar, want God bly getrou aan sy beloftes en doen wat reg is.