1 KORINTIËRS 7:15
1 KORINTIËRS 7:15 Bybel vir almal (ABA)
Maar as die óngelowige man of vrou wil skei, dan moet julle nie vir hulle keer nie, want God wil hê daar moet vrede wees tussen 'n man en sy vrou. Niemand kan sê die gelowige man of vrou móét getroud bly nie.
1 KORINTIËRS 7:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
1 KORINTIËRS 7:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die ongelowige egter wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die gelowige man of vrou nie gebind nie. God het julle geroep om in vrede te lewe.
1 KORINTIËRS 7:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As die ongelowige egter wil skei, laat hy skei; in sulke gevalle is die broer of suster nie gebonde nie. God het julle egter geroep om in vrede te leef.
1 KORINTIËRS 7:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as die ongelowige weggaan, laat hom weggaan. 'n Broer of 'n suster is in sulke gevalle nie onder slawerny nie, maar God het ons tot vrede geroep.