1 KORINTIËRS 6:11
1 KORINTIËRS 6:11 Bybel vir almal (ABA)
Ja, party van julle het hierdie dinge gedoen. Maar nou het God julle sondes afgewas, Hy het julle aan Hom gewy. Hy het julle vrygespreek omdat julle aan die Here Jesus Christus behoort en omdat die Gees van ons God in julle harte gewerk het.
1 KORINTIËRS 6:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
1 KORINTIËRS 6:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.
1 KORINTIËRS 6:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So was sommige van julle ook, maar julle het julle laat was, julle is geheilig, en julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus •Christus en deur die Gees van ons God.
1 KORINTIËRS 6:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit was sommige van julle: maar julle is gewas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
1 KORINTIËRS 6:11 Die Boodskap (DB)
Julle herken seker hierdie beskrywings, want daar was ’n klomp van julle wat voorheen so geleef het. Maar julle lewe het verander - God het die sonde soos vuilgoed van julle afgewas; Hy het julle spesiaal net Syne gemaak. Julle saak met God is nou heeltemal reg. Daarvoor het die Here Jesus Christus self gesorg saam met die Gees van ons God.