1 KORINTIËRS 2:9
1 KORINTIËRS 2:9 Bybel vir almal (ABA)
Die woorde in die Ou Testament is waar. Daar is geskryf: God het iets gereedgemaak. Niemand het dit gesien nie, niemand het daarvan gehoor nie, en niemand het daaraan gedink nie. Hy het dit gereedgemaak vir die mense wat lief is vir Hom.
1 KORINTIËRS 2:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
1 KORINTIËRS 2:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
1 KORINTIËRS 2:9 Die Boodskap (DB)
Daar is mos geskryf: “Niemand het nog ooit so iets gesien of gehoor nie. In sy wildste drome kon niemand nog ooit homself so iets voorstel nie. Ek praat van al die dinge wat God reggemaak het vir die mense wat Hom liefhet.”