1 KORINTIËRS 15:9
1 KORINTIËRS 15:9 Bybel vir almal (ABA)
Ek is die minste belangrik van al die apostels. Ek is nie goed genoeg om 'n apostel te wees nie, omdat ek voorheen baie slegte dinge gedoen het aan die mense van die kerk van God.
1 KORINTIËRS 15:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.
1 KORINTIËRS 15:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het.
1 KORINTIËRS 15:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ek is die geringste van die apostels, nie geskik om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die •gemeente van God vervolg het.
1 KORINTIËRS 15:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek is die geringste van die apostels wat nie geskik is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.