1 KORINTIËRS 12:11
1 KORINTIËRS 12:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind.
1 KORINTIËRS 12:11 Bybel vir almal (ABA)
Dit is dieselfde Gees wat hierdie verskillende genadegawes vir mense gee. Hy gee vir elke gelowige sy eie genadegawe. En Hy besluit self watter genadegawe Hy vir elkeen wil gee.
1 KORINTIËRS 12:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
1 KORINTIËRS 12:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil.
1 KORINTIËRS 12:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Een en dieselfde Gees bewerkstellig al hierdie dinge, wat Hy aan elkeen afsonderlik uitdeel volgens sy wil.