1 KORINTIËRS 11:22
1 KORINTIËRS 11:22 Bybel vir almal (ABA)
Het julle nie huise waar julle kan eet en drink nie? Ja, julle het. Julle wys dat die gemeente van God glad nie belangrik is vir julle nie, want julle verneder die mense wat min het. Wat moet ek vir julle sê? Moet ek julle prys? Nee, nooit nie.
1 KORINTIËRS 11:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.
1 KORINTIËRS 11:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Het julle dan nie huise waar julle kan eet en drink nie? Of het julle nie eerbied vir die gemeente van God nie, en wil julle die armes verneder? Wat moet ek vir julle sê? Moet ek julle prys? Hieroor prys ek julle beslis nie!
1 KORINTIËRS 11:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Het julle dan nie huise waar julle kan eet en drink nie? Of minag julle die gemeente van God, en verneder julle diegene wat niks het nie? Wat kan ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Oor hierdie saak prys ek julle nie.
1 KORINTIËRS 11:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat? Het julle nie huise om in te eet en te drink nie? of verag julle die gemeente van God en beskaam die wat nie het nie? Wat sal ek vir jou sê? sal ek U hierin loof? Ek loof U nie.
1 KORINTIËRS 11:22 Die Boodskap (DB)
Hoekom gaan jy dan nie maar liewer huis toe en gaan eet jou daar trommeldik en drink daar jou wyn alleen op nie? Is dit vir julle lekker om op hierdie manier die arm mense te verneder wat nie soveel kos soos julle rykes het nie? Wat verwag julle moet ek nou daarvan sê? Dink julle ek moet daaroor bly voel en julle vreeslik prys? So nooit aste nimmer nie.
1 KORINTIËRS 11:22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoe is dit moontlik? Het julle dan nie julle eie huise waar julle kan eet en drink nie? Het julle geen respek vir die gemeente van God nie? Of wil julle die arm mense verneder? Wat verwag julle moet ek hieroor sê? Julle wil tog seker nie hê ek moet julle hieroor prys nie? Wel, dit sal ek sekerlik nie doen nie!