1 KRONIEKE 27:1-15

1 KRONIEKE 27:1-15 Bybel vir almal (ABA)

Hier is 'n lys van die familiehoofde van Israel, die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, en hulle offisiere. Hulle het almal vir die koning gewerk. Elke maand van die jaar het 'n groep soldate gekom en elke maand het 'n groep teruggegaan huis toe. Daar was 24 000 manne in elke groep. Jasobam seun van Sabdiël was die hoof van die eerste groep vir die eerste maand. Daar was 24 000 manne in sy groep. Hy was van die Peres-familie en hy was die hoof van al die offisiere vir die eerste maand. Dodai van die stad Agoag was die hoof van die groep vir die tweede maand. Miklot was die hoof-offisier van sy groep, hulle was 24 000 manne. Die hoof vir die derde maand was Benaja, seun van die priester Jojada. Daar was 24 000 manne in sy groep. Benaja was een van die 30 spesiale manne van die koning en hy was die leier van die 30 manne. Sy seun Ammisabad was die hoof-offisier van sy groep. Die hoof vir die vierde maand was Asael broer van Joab, en ná hom was sy seun Sebadja die hoof. Daar was 24 000 manne in sy groep. Die hoof vir die vyfde maand was Samhut van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep. Die hoof vir die sesde maand was Ira seun van Ikkes van die stad Tekoa. Daar was 24 000 manne in sy groep. Die hoof vir die sewende maand was Geles van die Efraim-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep. Die hoof vir die agste maand was Sibbekai van die stad Gusa. Sibbekai was van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep. Die hoof vir die negende maand was Abiëser van die stad Anatot. Abiëser was van die Benjamin-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep. Die hoof vir die tiende maand was Magrai van die stad Netofa. Magrai was van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep. Die hoof vir die elfde maand was Benaja van die stad Piraton. Benaja was van die Efraim-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep. Die hoof vir die twaalfde maand was Geldai van die stad Netofa. Geldai was van die Otniël-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.

1 KRONIEKE 27:1-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier-en-twintigduisend: oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend. Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand. En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend. Hierdie Benája was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad. Die vierde vir die vierde maand was Ásahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend. Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Ótniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

1 KRONIEKE 27:1-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hier volg 'n opgawe van die Israelitiese familiehoofde, die aanvoerders van duisend en honderd, en die toesighoudende amptenare wat in diens van die koning gestaan het met betrekking tot alles rakende die afdelings wat deur die jaar elke maand omgeruil het. Elke afdeling het uit vier en twintig duisend man bestaan. Jasobam seun van Sabdiël was in bevel van die eerste afdeling, dié vir die eerste maand. Hy was uit die Peresgroep en was gedurende die eerste maand hoof van al die leëraanvoerders. Dodai uit Agoag was in bevel van die afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se hoofaanvoerder was Miklot. Benaja seun van die hoëpriester Jojada was die derde leëraanvoerder, vir die derde maand. Hierdie Benaja was 'n sterk leier onder die dertig dapper manne van Dawid en in bevel van die dertig. Sy seun Ammisabad was na hom in bevel van die afdeling. Die vierde, vir die vierde maand, was Asael broer van Joab en ná hom sy seun Sebadja. Die vyfde, vir die vyfde maand, was die aanvoerder Samhut, uit Jisrag. Die sesde, vir die sesde maand, was Ira seun van Ikkes, uit Tekoa. Die sewende, vir die sewende maand, was Geles, uit Pelon in Efraim. Die agste, vir die agste maand, was Sibbekai, van Gusa uit die Seraggroep. Die negende, vir die negende maand, was Abiëser, uit Anatot in Benjamin. Die tiende, vir die tiende maand, was Marai, van Netofa uit die Seraggroep. Die elfde, vir die elfde maand, was Benaja, uit Piraton in Efraim. Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, van Netofa uit die Otniëlgroep. Elkeen van hierdie afdelings was vier en twintig duisend sterk.

1 KRONIEKE 27:1-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Die Israeliete volgens hulle getal, die familiehoofde, die •aanvoerders van duisend en honderd, en hulle opsieners, was in diens van die koning met betrekking tot elke saak van die leërafdelings wat maand vir maand aan diens of van diens af was, vir al die maande van die jaar. In elke afdeling was daar 24 000 man. Die eerste afdeling vir die eerste maand was onder beheer van Jasobam, seun van Sabdiël. In sy afdeling was daar 24 000 man. Uit die nageslag van Peres was hy die hoof van al die aanvoerders van leërafdelings vir die eerste maand. Die afdeling van die tweede maand was onder beheer van Dodai, uit Agoag. Miklot was die leier van sy afdeling. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die derde aanvoerder van die leër, vir die derde maand, was Benaja, seun van Jojada, die hoëpriester. In sy afdeling was daar 24 000 man. Hierdie Benaja was 'n held onder die dertig, en in beheer van die dertig. Sy seun Ammisabad was in bevel van sy afdeling. Die vierde, vir die vierde maand, was Asael, die broer van Joab, en ná hom was dit sy seun Sebadja. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die vyfde, vir die vyfde maand, was die aanvoerder Samhut, uit Jisrag. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die sesde, vir die sesde maand, was Ira, seun van Ikkes, uit Tekoa. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die sewende, vir die sewende maand, was Geles, uit Pelon, uit die nageslag van Efraim. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die agtste, vir die agtste maand, was Sibbegai, uit Gusa, uit die Seragfamilie. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die negende, vir die negende maand, was Abiëser, uit Anatot, uit die stam van Benjamin. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die tiende, vir die tiende maand, was Marai, uit Netofa, uit die Seragfamilie. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die elfde, vir die elfde maand, was Benaja, uit Piraton, uit die nageslag van Efraim. In sy afdeling was daar 24 000 man. Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, uit Netofa, uit die Otniël-familie. In sy afdeling was daar 24 000 man.

1 KRONIEKE 27:1-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En die kinders van Israel volgens hulle getal, naamlik die familiehoofde en die owerstes oor duisend en honderd, en hulle opsigters wat die koning gedien het in enige afdeling van die afdelings, wat maand vir maand in- en uitgetrek het in al die maande van die jaar, van elke afdeling was vier en twintig duisend. Oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasobam, die seun van Sabdiël, en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Van die kinders van Peres was die owerste van al die leërowerstes vir die eerste maand. En in die loop van die tweede maand was Dodai 'n Ahohiet, en van sy afdeling was ook die owerste Miklot; in sy afdeling was ook vier en twintig duisend. Die derde leërowerste vir die derde maand was Benaja, die seun van Jójada, 'n owerpriester; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Dit is daardie Benaja, wat magtig was onder die dertig en meer as die dertig; en in sy afdeling was sy seun Ammísabad. Die vierde owerste vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en sy seun Sebadja ná hom; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die vyfde owerste vir die vyfde maand was Samhut, die Jisrahiet, en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die sesde owerste vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die sewende owerste vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, van die kinders van Efraim; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die agtste owerste vir die agtste maand was Sibbegai, die Husatiet, van die Sargiete; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die negende owerste vir die negende maand was Abiëser, die Anetotiet, van die Benjaminiete; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die tiende owerste vir die tiende maand was Maharai, die Netofatiet, van die Sargiete; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die elfde owerste vir die elfde maand was Benaja, die Piratoniet, van die kinders van Efraim; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. Die twaalfde owerste vir die twaalfde maand was Heldai, die Netofatiet, van Otniël; en in sy afdeling was vier en twintig duisend.

1 KRONIEKE 27:1-15 Die Boodskap (DB)

Hier volg ’n lys van die Israelitiese familiehoofde, die hoër en laer offisiere en die koning se amptenare wat in beheer was van die afdelings wat elke maand diens gedoen het. Die afdelings het maandeliks omgeruil en elkeen het uit 24 000 man bestaan. Die eerste afdeling, wat verantwoordelik was vir die eerste maand, was onder die bevel van Jasobam, Sabdiël se seun. Hy was uit die Peresgroep en in die eerste maand was hy hoof van al die leëroffisiere. Dodai uit Agoag was in bevel van die tweede afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se offisier was Miklot. Benaja, die hoëpriester Jojada se seun, was in bevel van die derde afdeling vir die derde maand. Hy was ’n sterk leier onder die Dertigtal en in bevel van die 30 helde in Dawid se leër. Sy seun Ammisabad het ná hom bevel van die afdeling oorgeneem. Asael, Joab se broer, was in bevel van die vierde afdeling vir die vierde maand. Sy seun Sebadja het hom opgevolg. Samhut, afkomstig uit Jisrag, was in bevel van die vyfde afdeling vir die vyfde maand. Ira, Ikkes se seun wat uit Tekoa gekom het, was in bevel van die sesde afdeling vir die sesde maand. Geles, afkomstig uit Pelon in Efraim, was in bevel van die sewende afdeling vir die sewende maand. Sibbekai, ’n afstammeling van Serag uit Gusa, was in bevel van die agtste afdeling vir die agtste maand. Abiëser, afkomstig uit Anatot in Benjamin, was in bevel van die negende afdeling vir die negende maand. Marai, ’n afstammeling van Serag uit Netofa, was in bevel van die tiende afdeling vir die tiende maand. Benaja, afkomstig uit Piraton in Efraim, was in bevel van die elfde afdeling vir die elfde maand. Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was in bevel van die twaalfde afdeling vir die twaalfde maand. Elkeen van hierdie afdelings was 24 000 man sterk.

1 KRONIEKE 27:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Dit is die lys van Israel se familiehoofde, generaals en offisiere wat die koning gedien het deur die weermagafdelings te lei wat elke maand van die jaar aan diens was. Elke afdeling het vir een maand gedien, en bestaan uit 24 000 soldate. Jasobam, seun van Sabdiël, was bevelvoerder van die eerste afdeling, wat die eerste maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Hy was ’n afstammeling van Peres en was in beheer van al die offisiere vir die eerste maand. Dodai, ’n afstammeling van Agoag, was bevelvoerder van die tweede afdeling, wat die tweede maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling, en Miklot was sy hoofoffisier. Benaja, seun van Jojada, die hoëpriester, was bevelvoerder van die derde afdeling, wat die derde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Hierdie Benaja was in beheer van Dawid se elite militêre groep bekend as die Dertig. Sy seun, Ammisabad, was sy hoofoffisier. Asael, broer van Joab, was bevelvoerder van die vierde afdeling, wat die vierde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Asael is deur sy seun Sebadja opgevolg. Samhut, die Jisragiet, was bevelvoerder van die vyfde afdeling, wat die vyfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Ira, seun van Ikkes van Tekoa, was bevelvoerder van die sesde afdeling, wat die sesde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Geles, ’n afstammeling van Efraim uit Pelon, was bevelvoerder van die sewende afdeling, wat die sewende maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Sibbekai, ’n afstammeling van Gusa, was bevelvoerder van die agtste afdeling, wat die agtste maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Abiëser van Anatot, bevelvoerder van die negende afdeling, was die negende maand aan diens. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Marai, ’n afstammeling van Sera uit Netofa was bevelvoerder van die tiende afdeling, wat die tiende maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Benaja van Piraton in Efraim was bevelvoerder van die elfde afdeling, wat die elfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was bevelvoerder van die twaalfde afdeling, wat die twaalfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid