1 KRONIEKE 14:11
1 KRONIEKE 14:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het toe opgetrek na Baäl-Perasim, en daar het Dawid hulle verslaan. Dawid het gesê: “God het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek.” Daarom noem hulle daardie plek Baäl-Perasim.
1 KRONIEKE 14:11 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het na die stad Baäl-Perasim gegaan en hy het die Filistyne daar oorwin. Hy het gesê: “God het my vyande oorwin en stukkend geslaan soos water alles stukkend breek. Hy het gesê ek moet dit doen.” Dit is hoekom hulle daardie plek Baäl-Perasim noem.
1 KRONIEKE 14:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle optrek by Baäl-Pérasim, het Dawid hulle daar verslaan, en Dawid het gesê: God het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hulle dié plek Baäl-Pérasim genoem.
1 KRONIEKE 14:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Filistyne het toe opgetrek na 'n groot kloof en daar het Dawid hulle verslaan. Dawid het daarna gesê: “God het my vyande met my hand gekloof soos water 'n wal kloof!” Dit is waarom hulle daardie plek Grootkloof noem.
1 KRONIEKE 14:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het toe opgetrek na Baäl-Perasim; en Dawid het hulle daar verslaan. Toe sê Dawid: God het deur my hand in my vyande ingebreek soos die uitbreek van waters; daarom het hulle daardie plek Baäl-Perasim genoem.
1 KRONIEKE 14:11 Die Boodskap (DB)
Dawid-hulle het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. Dawid sê toe: “God het deur my ’n bres in die vyand geslaan! Dit was soos ’n vloed wat ’n wal tref!” Dis hoekom hulle die plek Baäl-Perasim genoem het.
1 KRONIEKE 14:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dawid en sy soldate het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. “God het dit gedoen!” het Dawid uitgeroep. “Hy het my gebruik om soos ’n watervloed deur my vyande te bars.” Daarom is daardie plek Baäl-Perasim genoem, wat “die Here wat deurbars” beteken.