Job 2:11-13

Job 2:11-13 DB

Job het drie vriende gehad wat vir hom kom kuier het. Hulle was Elifas, wat uit Teman gekom het, Bildad uit Suag en Sofar uit Naäma. Hulle het gehoor van die slegte dinge wat Job oorgekom het. Hulle het op ’n tyd besluit en saam vir Job kom kuier. Hulle wou graag vir hom kom sê hoe jammer hulle is oor wat met hom gebeur het en hom kom moed inpraat. Toe hulle Job op ’n afstand sien sit, kon hulle hom skaars herken, in so ’n toestand was hy. Hulle het bitterlik begin huil. Om te wys dat dit vir hulle soos dood was, het hulle hulle klere geskeur en as op hulle koppe gegooi. Hulle het toe vir sewe dae en nagte by hom op die grond gaan sit. Nie een van hulle het ’n woord gesê nie: hulle het tjoepstil gebly. Hulle kon sien dat sy pyn en lyding bitter groot was. Dit was beter om nie te praat nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Job 2:11-13

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid