Amos 9:13-15

Amos 9:13-15 DB

“Daar kom ’n tyd van voorspoed,” sê die Here. “Wanneer die oes skaars bymekaar-gemaak is, sal dit al weer tyd wees om te begin ploeg om die saad in die grond te kry. Die saaityd sal nog aan die gang wees, dan sal dit al weer tyd wees om druiwe te pluk om te pars. Daar sal so baie druiwe wees om uit te trap dat die druiwesap teen die berge sal afstroom. Die heuwels sal oorvloei word met nuwe wyn. “Ek sal my volk Israel se omstandighede verander. Hulle sal terugkom uit die lande waarheen hulle weggevat is. Hulle sal teruggaan na die dorpe waar hulle gewoon het. Hulle sal woon in die stede wat hulle opgebou het. Hulle sal weer wingerde aanplant en druiwe vir wyn kan pluk. Hulle sal weer tuine hê wat vir hulle groente gee. Ek sal hulle terugplant in die grond wat Ek vir hulle gegee het. Hulle sal nooit weer uit daardie grond uitgetrek kan word nie,” sê die Here jou God.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid