Handelinge 7
7
Stefanus praat met die Raad
1âWat het jy hierop te sĂȘ?â het die hoĂ«priester vir Stefanus gevra.
2âVriende, hooggeagte raadslede, luister asseblief baie mooi,â het Stefanus geantwoord. âEk wil graag met julle oor God praat. Aan Hom kom al die eer toe. Hy is die Heilige wat Hom aan Abraham kom bekendmaak het toe hy nog daar in MesopotamiĂ« gebly het. Dit het gebeur nog voor Abraham na Haran getrek het. 3God het vir hom gesĂȘ: âJy moet uit jou land trek. Vat al jou familielede saam met jou. Ek sal jou wys na watter land toe jy moet gaan.â
4âAbraham het toe padgegee uit die land van die GaldeĂ«rs en in Haran gaan bly. Na sy pa se dood het God hom laat trek na hierdie land waar julle nou bly.
5âToe Abraham hier aangekom het, het hy nie die land op ân skinkbord gekry nie. Aan die begin het hy nie eens ân stuk grond of ân kind gehad nie.6Tog het God hom belowe dat sy nageslag eendag hierdie hele land sou bewoon.
âHy het bygevoeg dat hulle eers sowat 400 jaar lank in ân vreemde land sou bly. Daar sou hulle geen eie grond hĂȘ nie. Hulle sou as slawe werk en deur ander mense mishandel word.
7ââMaar moenie jou bekommer nie, Ek sal afreken met daardie volk wat jou nageslag so sleg sal behandel,â het God vir Abraham gesĂȘ. âDan sal Ek hulle daar gaan haal en na hierdie land toe bring sodat hulle My hier kan kom dien.â
8âGod het toe ân ooreenkoms met Abraham gesluit. As bewys het Hy vir hom ân teken aan sy liggaam gegee: die besnydenis. Abraham het daarna ân seun gehad. Hy het hom Isak genoem. Agt dae na sy geboorte het hy hom besny. Isak was Jakob se pa, en Jakob die pa van die twaalf stamhoofde van ons volk.â
Josef, God se man in Egipte
9âHierdie stamvaders was egter jaloers op hulle broer Josef. Daarom het hulle hom as ân slaaf verkoop. Josef is deur sy nuwe eienaars weggevat Egipte toe. Maar God was heeltyd by hom. Hy het hom deur elke probleem en elke krisis gehelp. 10Josef se groot insig en verstand het die aandag getrek van die farao, die koning van Egipte. Kort voor lank het hy hom aangestel as hoof oor die hele Egipte en oor sy huishouding.
11âIn daardie tyd was daar ân groot hongersnood in Egipte en KanaĂ€n. Die mense het niks gehad om te eet nie. Ons voorouers het ook baie swaargekry.12Toe Jakob hoor dat daar nog koring in Egipte te koop was, het hy sy seuns dadelik soontoe gestuur. Later het hulle teruggekom en vir hulle pa gesĂȘ dat daar wel koring in Egipte was. Jakob het hulle weer Egipte toe laat gaan om koring te koop. 13Tydens hierdie besoek het Josef vir sy broers gesĂȘ wie hy regtig is. Hy het sy familie ook aan die farao gaan bekendstel. 14Daarna het hy sy pa, Jakob, en die res van sy familie van sowat 75 mense laat haal om in Egipte te kom bly. 15Jakob is uiteindelik daar dood, so ook al ons stamvaders. 16Die liggame is na Sigem in KanaĂ€n geneem. Daar is hulle begrawe in ân graf wat Abraham vroeĂ«r vir ân groot klomp geld van die seuns van Hemor gekoop het.â
God red sy volk
17âDie 400 jaar van swaarkry het nou einde se kant toe begin staan. Die tyd dat God sy volk sou bevry, was voor die deur, soos Hy aan Abraham beloof het. Teen daardie tyd het daar sommer al ân groot groep van ons voorouers in Egipte gebly. 18ân Nuwe koning het intussen die leisels in Egipte oorgeneem. Hy het nie vir Josef geken nie. Hy was ân wrede heerser wat ons mense sleg behandel het. 19Hy het hulle selfs verplig om hulle pasgebore babatjies op die ashope te gaan weggooi. Op diĂ© manier wou hy keer dat hulle getalle nog groter word.
20âIn daardie tyd is Moses gebore. En wat ân mooi baba was hy nie! Sy pa en ma het hom drie maande lank in hulle huis weggesteek en versorg. 21Maar uiteindelik moes hulle ook van hom afstand doen. Hulle het hom toe in ân mandjie in die Nylrivier gaan sit. Gelukkig het die dogter van die farao hom in die Nyl gekry en hom toe soos haar eie seun grootgemaak. 22Moses is streng volgens die Egiptiese gebruike grootgemaak. Hy het die beste onderrig ontvang wat daar in Egipte te kry was. Hy was baie slim en het uitgeblink as iemand wat sy kop en sy hande goed kon gebruik.
23âToe Moses sowat 40 jaar oud was, het hy op ân dag besluit om besoek af te lĂȘ by sy eie mense, die Israeliete. 24Daar het hy gesien hoe ân Egiptenaar een van hulle slaan. Dit het hom so kwaad gemaak dat hy die man op die plek doodgemaak het. 25Moses het gedink dat sy volksgenote sou besef dat hy aan hulle kant was, maar hy het hom lelik misgis. 26Die volgende dag toe hy weer daar opdaag, het hy op twee Israeliete afgekom wat met mekaar baklei. Hy het vrede tussen hulle probeer maak. âJulle is dan broers. Vir wat slaan julle mekaar so?â het hy hulle gevra.
27âDie een wat die bakleiery begin het, het Moses weggestamp en gesĂȘ: âJyâs ân mooi een om te praat! Wie het jou as skeidsregter oor ons aangestel? Jy kom speel hier baas terwyl jy self gister ân Egiptenaar doodgemaak het. 28Gaan jy my nou ook doodmaak?â
29âMoses het groot geskrik toe hy hoor wat die man sĂȘ. Hy het besef dat almal binnekort sou weet wat hy met die Egiptenaar gedoen het. Daarom het hy toe uit Egipte padgegee en as ân vreemdeling in die land Midian gaan bly. Daar het hy getrou en die pa van twee seuns geword.â
Moses lei die Israeliete
30âVeertig jaar later, terwyl Moses in die woestyn by die berg Sinai was, het ân engel van die Here in ân brandende doringbos aan hom verskyn.31Moses kon sy oĂ« nie glo toe hy dit sien nie. Hy het nader gestap om mooi te sien wat aangaan. Toe praat die Here skielik uit die brandende bos: 32âEk is die God van jou voorvaders. Ek is die God van Abraham, Isak en Jakob.â Toe Moses dit hoor, het hy geskrik en sy oĂ« styf toegeknyp. Hy was te bang om na God te kyk. 33Die Here sĂȘ toe vir hom: âBetoon respek vir My! Trek jou skoene uit, want jy staan op heilige grond. Jy is in die teenwoordigheid van die lewende God!
34ââEk weet van al die lyding wat my mense in Egipte moet verduur. Ek hoor hoe hulle My smeek dat Ek hulle moet bevry. Daarom het Ek besluit om hulle uit daardie land weg te vat. Jy is die man wat dit vir My moet gaan doen. Maak jou gereed! Want Ek wil hĂȘ jy moet Egipte toe gaan.â
35âDieselfde Moses wat vroeĂ«r deur sy eie mense verwerp is, is nou deur God self as hulle leier en redder aangewys. Dit alles het daar by die brandende doringbos begin waar hy God se stem gehoor het.
36âMoses het die Israeliete daarna uit Egipte weggelei. In Egipte, by die Rooisee en ook in die woestyn het hy 40 jaar lank die een groot wonderwerk na die ander gedoen.
37âDit is hierdie selfde Moses wat op ân dag vir die Israeliete gesĂȘ het: âGod sal eendag ân boodskapper net soos ek uit julle midde laat voortkom.â
38âDit is ook Moses wat op die berg Sinai met die engel van die Here gaan praat het. 39Daarna het hy God se wil aan ons voorvaders in die woestyn bekendgemaak. Hy het al hierdie woorde wat lewe gee by die Here self ontvang en dit aan hulle almal gaan meedeel. Maar ons voorvaders het hulle nie daaraan gesteur nie. 40Hulle het begin terugverlang na die tyd in Egipte en by AĂ€ron gaan kerm: âMaak asseblief vir ons ân paar gode wat ons met ons eie oĂ« kan sien en wat voor ons kan uittrek. Hierdie Moses wat ons uit Egipte laat trek het, het verdwyn.â
41âHulle het toe vir hulle ân afbeelding van ân kalf gemaak en allerhande offers daarvoor gebring. Hulle was baie trots op hulle mooi handewerk. God was egter baie kwaad daaroor, maar Hy het hulle laat aangaan met hulle sondes. 42Hy het toegelaat dat hulle elke nuwe god aanbid waarvan hulle te hore gekom het. Hulle het presies gedoen wat die Here later deur een van die profete gesĂȘ het:
43âDit is tog nie vir My dat julle daar in die woestyn allerhande offers gebring het nie. Nee, gedurende daardie 40 jaar was julle te besig om aanbiddingsplekke vir ander gode te bou. Afgode soos Molog en Refan was toe belangriker as Ek. Julle het allerhande mooi versiersels aan julle lywe gedra om daardie gode gelukkig te maak. Julle kon nie voorbly om neer te buig voor elke nuwe afgod wat julle in die hande gekry het nie. Ek gaan julle daaroor straf: Ek gaan julle tot anderkant Babilon as gevangenes laat wegvoer.ââ
Geen verskoning vir ongehoorsaamheid nie
44âOns voorouers het die hele tyd daar in die woestyn ân presiese weergawe van die heilige tent by hulle gehad wat God vroeĂ«r aan Moses op die berg Sinai gewys het.
45âHierdie heilige tent was ook by hulle toe Josua hulle nuwe leier geword het. In sy tyd het hy al die ongelowige volke uit KanaĂ€n verdryf. DiĂ© tent was nog steeds by hulle in die tyd van koning Dawid.
âDawid was die koning vir wie God baie lief was. 46Hy het op ân dag vir God gaan vra of hy nie ân tempel as aanbiddingsplek vir die nageslag van Jakob kon bou nie. 47Sy seun Salomo was egter die man op wie se skouers hierdie taak neergekom het. Hy het vir die Here ân huis gebou.
48âMaar tog weet ons dat die allerhoogste God nie in geboue bly wat mense gebou het nie. Hy het dit duidelik deur een van die profete gesĂȘ:
49âDie hemel is my troonsaal. Daar regeer Ek. Die aarde is slegs die rusplek vir my voete. Hoe sal julle dan ooit vir My ân huis kan bou wat groot genoeg is? Kan julle regtig vir My ân rusplek oprig waar Ek sal wil bly? Nee, julle kan nie. Ek het dit in elk geval klaar gedoen. 50Ek het vir Myself ân hemelse woning gebou.ââ
Stefanus het daarna vir die Joodse Raad gesĂȘ: 51âJulle klomp hardekoppe. Julle dra miskien die teken van die besnydenis aan julle liggaam, maar julle harte en julle koppe is nog glad nie besny nie. Julle doen net mooi niks wat God vir julle sĂȘ om te doen nie. Julle luister nie na die Heilige Gees se stem nie. 52Julle maak presies net soos al julle voorgeslagte.
âDink net wat julle voorvaders met die Here se boodskappers aangevang het. Hulle het elkeen vervolg en doodgemaak wat dit gewaag het om met hulle oor die Messias, oor God se Gestuurde, te praat. Julle is niks anders as hulle nie. Is dit dan nie julle spul wat Christus vermoor het toe Hy na ons toe gekom het nie?
53âJulle was so gelukkig om God se wet uit die hand van sy engele te ontvang. Maar julle het nooit so ver gekom om te doen wat die wet sĂȘ nie.â
Stefanus betaal die
hoogste prys vir sy toespraak
54Toe die Joodse Raad hoor wat Stefanus alles vir hulle sĂȘ, het hulle ontplof van woede. Maar hy was vol van die krag van die Heilige Gees. Hy het nie eens agtergekom hoe kwaad hulle was nie, want hy kon tot binne-in die hemel sien. 55Stefanus het God daar in al sy heerlikheid gesien, en ook Jesus wat langs Hom staan. Toe sĂȘ hy hardop: 56âKyk daar! Ek kan tot binne-in die hemel kyk. Ek sien Jesus, die Seun van die mens. Hy staan op die belangrikste plek in die hemel, daar reg langs God.â
57Na hierdie woorde het daar chaos losgebars. Party van die raadslede het hulle ore toegedruk omdat hulle nie verder na Stefanus se woorde wou luister nie. Ander het opgespring en op hom afgestorm. 58Hulle het hom gegryp en uitgesleep tot buitekant die stadsmure. Daar het hulle hom met klippe begin gooi. Party van die mans het hulle hemde uitgetrek sodat hulle Stefanus nog makliker onder die klippe kon steek. Hulle het ân jongman met die naam Saulus gevra om hulle klere op te pas.
59Terwyl die klippe op Stefanus neergereĂ«n het, het hy gebid: âHere Jesus, neem my nou na U toe.â Toe het hy op sy knieĂ« neergeval en hard uitgeroep: âHere, moenie diĂ© sonde teen hierdie mense laat tel nie! Vergeef hulle.â
Dit was Stefanus se laaste woorde. Hy het daarna inmekaargesak en is daar op die plek dood. 60Toe dit gebeur, het Saulus al die klipgooiers gaan gelukwens met die moord wat hulle gepleeg het.
Tans Gekies:
Handelinge 7: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hĂȘ? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: